
Die Woester Avontuur BraaiFees is ‘n braaikookkunservaring en alles wat gepaard gaan met braai – lekker musiek, lekker aktiwiteite, drankies en saam wees. Die koservaring gaan alles uitbeeld wat braai lekker maak – of dit nou die Transvaalse pap en sous is, die Karoo se skaapsterte of die beste boereworsresep waarmee onsplaaslike slaghuise kan vorendag kom – jy gaan ’n feesmaal van braai ervaar.
Die fees strek oor 3 dae – 19, 20 en 21 Junie 2025 en word gehou by die pragmooi Karoo Woestyn Nasionale Botaniese tuine te Worcester, wat saam met Kirstenbosch Botaniese tuine een van die 10 Nasionale Botaniese tuine in Suid-Afrika is.
Hoekom ’n BRAAIFEES? Vuur en braaivleis is by uitstek deel van elke Suid-Afrikaner. Suid-Afrikaanse geskiedenis het diep wortels as dit kom by vuur en braaivleis – dit is multi-kultureel en die een ding wat ons reënboognasie in gemeen het – Ons BRAAI!
Omdat elke braai ’n gesinsaktiwiteit is by die huis is, het ons seker gemaak dat hierdie fees klomp elemente het om seker te maak daar is iets vir elke besoeker en elke lid van die gesin om te doen.
Hoe kan die borge betrokke raak?
Hoe Woester Hoe Beter het ’n span fees-kundiges ingetrek om seker te maak jaar 1 is suksesvol. Ons mik vir 3000 voete en weet ook om hierdie getalle te bereik, gaan ’n groot kapitale uitleg nodig wees.
Die fees terrein (Karoo Tuine) leen homself toe tot wonderlike uitstal spasie in die hartjie van die fees. Borge kan dus uitstal en of produkte verkoop. Hierdie fees gaan ’n jaarlikse instelling word en ons is opsoek na borge om ’n pad mee te stap. As jou besigheid geassosieer word met braai of braai aktiwiteite, is hierdie die fees waar jy wil wees.
Waarna kan mense uitsien?
Donderdagaand – Wyn vir die Pyn
Komediant: Tollie Parton Slegs 400 kaartjies beskikbaar Hekke maak oop: 18:00 | Vertoning begin: 19:00 Wat is ingesluit: Aandete (Bakkie butterchicken en rys) en 1 warm drankie (Gaste kan kies tussen Glühwein of koffie)Vrydagaand
Kinder Aktiwiteite
- Silent Disco en Laser Tag (9-13 Jaar): 260 kaartjies beskikbaar.
- Aankoms moet 17:45 wees want eerste sessie dans en laser tag begin 18:00.
- Kaartjie sluit in: Worsrol en koeldrank. Snoepie ook beskikbaar.
- Tiener Sokkie (13 – 17 Jaar): 300 kaartjies beskikbaar.
- Kaartjie sluit in: Worsrol en koeldrank. Snoepie ook beskikbaar.
- Tye: 18:00 – 22:00
Hoof Fees Area
Hekke maak oop: 17:45 Kaartjie sluit in:- Geskenkies by die ingang: R50 koskoepon, een koeldrank, feesblikbeker en glas.
- Feesmaal van braaivleis en bykosse.
- Groot vure en optredes van Afrikaanse kunstenaars.
- Daar word spesifiek ’n dansvloer gebou vir die wat hulle hare bietjie wil losmaak.
Saterdag
Wedlope
- 5 km gesin pretloop
- 10 km wedloop
- 20 km wedloop
- Kaartjies beskikbaar by entries.onsite
Dagprogram (09:30 – 22:00)
- Welkom geskenkies by die hek: ’n Koepon vir 8 proeë by die Craft-alkohol area, ’n Coke en feesblikbeker en glas.
Aktiwiteite
- Craft-alkohol area: Wyn, gin en bier proeë, kunstenaars wat musiek maak en Deli-styl kos.
- Silent Disco: Oop vir almal
- Laser Tag: Oop vir almal
- Grasperk Speletjies: Boules, Croquet, Ring Toss en vele meer.
Braai Fees
- Verskeidenheid van vleise en snitte.
- Verskillende soorte wors.
- Tradisionele braai-bydisse soos jy dit nog nooit gehad het nie. Hierdie gaan ’n smaak avontuur wees.